Sybokhaar

LEES MEER OOR ONS PRODUKTE EN DIENSTE

Cape Mohair & Wool (CMW), as deel van die OVK groep van maatskappye, is nie alleenlik die markleier by die hantering- en bemarking van rou sybokhaar in Suid-Afrika nie, maar ook in die wêreld! Huidiglik gaan plus minus 50% van wêreldproduksie deur die deure van CMW se hanteringsfasiliteit en pakhuise. Dit bevestig die titel van die grootste sybokhaarmakelary ter wêreld!

Hierdie leiersposissie beklee CMW al vir geruime hoeveelheid jare en wend die maatskappy hierdie unieke bemarkingskennis en ondervinding aan tot voordeel van sy produsentelede. Soortgelyke kliëntverhoudings is opgebou met betroubare internasionale kopershuise en verwerkers. Ook hierdie goeie verhouding lei tot voordeel van die produsent.

Die hantering en bemarking van die produsent se rou sybokhaar bly CMW se kern besigheid. Dit bly egter ook ons verantwoordelikheid om baie nou saam te werk met die betrokke produsentgedrewe bedryfsstrukture en –organisasies om saam te verseker dat die bedryf sal bly groei en winsgewend kan word in Suidelike Afrika.

Om te verseker dat CMW as leier op sy gebied bly, moet ‘n makelaar innoverend en vernuwend wees en daarom is CMW verantwoordelik vir ‘n klomp “eerstes” in die sybokhaarbedryf. CMW was die eerste en steeds die enigste makelaar wat op elke skeersel die produsent voorsien van ‘n volledige elektroniese skeerselontleding. Die ontwikkeling en verfyning van die EGT - proses (“Every Goat Tested”)  om die klasserings proses te optimaliseer. Die markleier in vernuwende, elektroniese kommunikasie met alle kliënte. CMW is die verskaffer van die grootste skeerdiens van sy soort in Suidelike Afrika vir Angorabokke. Die enigste makelaar met sy eie geregistreerde gehalte handelsmerk, naamlik PURECAPE, as deel van waardetoevoeging op saamverpakte lotte. Dit is slegs ‘n gedeelte van unieke CMW kenmerke. Geen wonder dat alle rekordpryse (ingesluit wêreldrekords), op alle tipes, vanuit die CMW stal van produsente afkomstig is.  

CMW se ondervinding en volledige ondersteuningsdiens verseker die boer van ‘n gestroomlynde boerderybesigheid – meer produktief, meer winsgewend, meer onderhoudend – saam met CMW se gesogte sybokhaarprestasie-erfenis, pak ons saam die toekoms aan!



Sybokhaar PRYSE

Verkoops Datum
2019-11-19
Algemene Indikator
236,54
Verandering op laaste verkope
-1,70 %

Vesel - Inligting aan produsente rakende inperkingstydperk


Vesel - Inligting aan produsente rakende inperkingstydperk

Lees Meer

Mediaverklaring: Landbousensus-uitslae op ‘n kritieke tyd bekendgestel


Mediaverklaring:  Landbousensus-uitslae op ‘n kritieke tyd bekendgestel

Lees Meer

Fanel Boerdery Veiling


Fanel Boerdery Veiling

Lees Meer

Maluti Dormer Veiling


Maluti Dormer Veiling

Lees Meer

Charmac Merino Veiling


Charmac Merino Veiling

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Veilings
Veilings
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus March 2020
OVK Nuus March 2020
Adverteer Hier Lees Meer