Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1805

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1805

geplaas op 17:49 (GMT+2) Di., 08 Mei 2018

Daar was ook ‘n nuwe wêreldrekordprys betaal vir grootbokhaar, aangebied as winter jongbokhaar, teen R322.00/kg! There was a new world record price paid for a bale of adult mohair, presented as winter young goats at R322.00/kg!

Die vyfde sybokhaarveiling van die 2018 somerverkoopsseisoen het verder voortgebou op die goeie resultate van die eerste vier veilings van die seisoen. Dit as gevolg van die goeie mode aanvraag na sybokhaar, gedryf deur goeie belangstelling van al die mode vertonings die wêreld oor. Daar was ook ‘n nuwe wêreldrekord prys betaal vir grootbokhaar, aangebied as winter jongbokhaar, teen R322.00/kg. Die baal het is aangebied deur De Lateganskuil Boerdery vanAberdeen (Coenie en Gawie Lategan) en het 29.1 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 86.3%. CMW is ook besonder trots op sy Pure Cape saamverpakkingsafdeling wat vir nog ‘n wêreldrekord gesorg het vir gewone grootbokke teen R317.10/kg! Hierdie baal het 30.1 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 87.5%. Daar was tydperke gedurende die veiling van prysweerstand teenoor kleinbokkiehaar met die kompetisie effe meer traag as op die vorige veiling.Op die veiling het Boksfontein Boerdery van Murraysburg distrik die beste prys behaal teen R480.00/kg! Die baal EGT getoetsde somer kleinbokkiehaar het 21.9 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 90.2%. 

Vandag se veilingsanalise is as volg:

Kleinbokkiehaar is onveranderd met `n markaanwyser van 339.36/kg en 100%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 4.8%  met `n markaanwyser van R285.81/kg en `n verkoopspersentasie van100%.  Grootbokhaar  styg met 3.9% met `n markaanwyser van R251.76/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Dit het die totale verkoopsyfer op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R275.81 wat  `n stygingis van 3.3%.

The fifth mohair sale of the 2018 summer selling season continued with the excellent performance of the previous four sales of this season. This because of a strong fashion demand from all the cat walks of the fashion world all over. There was a new world record price paid for abale of adult mohair, presented as winter young goats at R322.00/kg! The bale was offered by De Lateganskuil Boerdery (Coenie en Gawie Lategan) from Aberdeen. The bale tested 29.1micron with a clean yield of 86.3%. CMW is very proud of another world record for plain adult mohair out of there PureCape binning department at R317.10/kg! This bale tested 30.1 micron with a clean yield of 87.5%. There were short spells of resistance against kid mohair with an average demand on kids as a whole, however young goats and adults flourished under special demand.  On this sale the best price was paid for a bale of Boksfontein Boerdery, Murraysburg, when there EGT tested bale of kids sold for R480.00/kg! This bale of summer kids tested 21.9 micron with a clean yield of 90.2%. 

Today's sales analysis is asfollows: 

The price of kids is unchanged with a market indicator of R339.36/kg and a 100% sale clearance; young goat hair  increased by 4.8% with a market indicator of R285.81/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair  increased by 3.9% with a market indicator of R251.76/kg and a sale clearance of 100%. This brought the overall  sale clearance to 100% and the overall market indicator to R275.81 which is an increase of 3.3%.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1807...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1806...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1805...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1804...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1803...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus September 2018
OVK Nuus September 2018
Adverteer Hier Lees Meer