Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1803

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1803

geplaas op 18:37 (GMT+2) Di., 20 Mrt. 2018

Verdere voortbouing op die uitstekende resultate van die eerste twee veilings van die seisoen. Continuation with the excellent performance of the previous two sales of this season.

Die markprys het bly styg sedert November 2017 teen die versterking van die Rand. Dit onderstreep die sterk aanvraag na sybokhaar van oraloor. Sterk, kort grootbokhaar het tekens van prysweerstand getoon, maar daardie mark het ook gou gedurende die veiling herstel. Die kleinbokkiemark herstel nou baie sterk, nadat die sektor baie afgeskeep was die afgelope 2 tot3 jaar. Op die veiling was dit die beurt van Martin en Hein Truter van Oudtshoorn om met die loure weg te stap van die hoogste prys van die dag. Die baal somer kleinbokkiehaar het getoets 25 mikron met ‘n skoonopbrengs van94.3%. Dit was ‘n B-lengte goeie styl haar, wat verkoop het teen R430.00/kg!

Vandag se veilingsanalise is as volg:

Kleinbokkiehaar  styg met  7.2% met `n markaanwyser van R322.01/kg en 100%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 1.3%  met `n markaanwyser van R263.91/kg en `n verkoopspersentasie van100%.  Grootbokhaar  styg met 1.4% met `n markaanwyser van R229.69/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Dit het die totale verkoopsyfer op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R254.70 wat  `n styging is van 2.7%.


The market price continue to climb since November 2017  against the strengthening of the Rand. This really underline the strong demand for mohair all over. Strong, short adult mohair did see some signs of price resistance with a few lots selling for a cheaper price,but that market recovered quite quickly. The fine kid market is also really on the path of recovery after being neglected for 2 to 3 years. On this sale it was the turn of Martin Truter and Hein Truter of Oudtshoorn to share the spoils for the best price of the sale. This bale of summer kids tested 25 micron with a clean yield of 94.3%. It was a B-length, good style bale and was sold at R430.00/kg!

Today's sales analysis is asfollows: 

The price of kids  increased by 7.2% a market indicator of R322.01/kg and a 100% sale clearance; young goat hair  increased by 1.3% with a market indicator of R263.91/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair increased by 1.4% with a market indicator of R229.69/kg and a sale clearance of 100%. This brought the overall  sale clearance to 100% and the overall market indicator to R254.70 which is an increase of 2.7%.


Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1806...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1805...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1804...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1803...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1802...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1801...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1716...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1715...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Junie 2018
OVK Nuus Junie 2018
Adverteer Hier Lees Meer