NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Winter sybokhaar verkope versterk 14% in 2017

Winter sybokhaar verkope versterk 14% in 2017

geplaas op 10:16 (GMT+2) Do., 07 Des. 2017

Makelaar verwelkom eerste swart afslaer by laaste veiling vir die jaar

Winter sybokhaar verkope versterk 14% in 2017
Makelaar verwelkom eerste swart afslaer by laaste veiling vir die jaar
Die 2017 bokhaar seisoen het gister tot ‘n einde gekom, met sowat 90 ton bokhaar wat by die finale veiling van die jaar, in Port Elizabeth, beskikbaar was.
Die markaanwyser was onveranderd van die vorige veiling in November, en het op R233.94 per kilogram gestaan. Die gemiddelde markaanwyser vir die winterseisoen het op R212.75 geëindig, en het ‘n 14 persent styging getoon in vergelyking met dieselfde tydperk in 2016.
Bykans alles van die 90 249 kilogram sybokhaar wat op die veiling geoffer was het verkoop, en Bokhaar Suid-Afrika se uitvoerende direkteur Deon Saayman het gesê gister se verkope het die positiewe syfers wat by die vorige veiling bereik is gehandhaaf.
“Afgesien van die sterker Rand was die vraag na bokhaar steeds goed. Korter, sterker haar was beskikbaar, en ons is bly om te sien dat die mark onveranderd gebly het aan die einde van die seisoen.”
Saayman het gesê die mark was 24 persent sterker as aan die begin van die winterseisoen.
Die hoogste prys behaal by die laaste veiling vir die jaar was R345 per kilogram vir ‘n baal wat 26-mikron kleinbokkiehaar bevat het.
Dié veiling was ook ‘n spesiale geleentheid vir een van die betrokke makelaars Cape Mohair and Wool (CMW), wat vir die eerste keer ‘n swart aflsaer, Vusumzi Sambokwe, in beheer van die dag se bedrywighede geplaas het.
Na afloop van die veiling het Sambokwe, 25, wat vir die gewone afslaer ingestaan het, gesê hy is dankbaar vir die geleentheid om aan die hoof van die laaste veiling van die jaar te kon wees.
Sambokwe is oorspronklik van Jansenville, een van die land se voorste bokhaar produserende streke. Hy het ‘n internskap by CMW in 2014 begin, maar is vinnig bevorder en is tans aan die hoof van die maatskappy se Lesotho-bokhaar afdeling. Daar het hy al verskeie kleiner veilings gelei, maar het gister vir die eerste keer die leisels by ‘n groter veiling geneem.
“Hierdie groot veilings loop vinnig en mens moet kophou dat jy nie te senuweeagtig raak nie. Aan die begin het ek bietjie gesukkel om by te hou, maar toe ek eers my ritme gekry het, het ek daaraan gewoond geraak,” het hy gesê.
Hy het gesê dit is ironies dat iemand met die van Sambokwe in die bokhaar bedryf is (bokwe is Xhosa vir bok), maar glo hy is in die bedryf waarvoor hy bestem was.
“My oupa het met angorabokke geboer en soos ek ouer geraak het wou ek meer van die sake kant agter die bedryf leer. As jy my agtergrond en my van alles in ag neem kan jy seker maar sê sybokhaar loop in my bloed,” het Sambokwe gesê, en uit sy maag gelag.
Sambokwe is van mening dat die bokhaarmark gister op ‘n hoë noot gesluit het en glo dit voorspel ‘n goeie vooruitsig vir die komende jaar.
“Ten spyte van die droogte en ander uitdaging is die bedryf op ‘n goeie plek. Ek dink die kopers en verkopers kan glimlag, en ons hoop om nog groei in 2018 te sien,” het Sambokwe gesê. 

Vir meer inligting kontak gerus:
 
Riaan Marais
Media and Kommunikasie
Mohair SA
041 487 1386 / 084 902 3611


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Desember 2017
OVK Nuus Desember 2017
Adverteer Hier Lees Meer